Ons Programme
 
ons visie

Ons Sillabus

Ons kurrikulum is basies die hele uitleg van ons lesse en inhoud wat u kind gaan leer tydens sy/haar voorskool loopbaan. Ons pas ons benadering tot elke les aan om aan elke individu se behoefte te voldoen. Ons mikpunt is om elke individu gereed te he vir Gr R.  Ons konsentreer op die volgende vaardigheidsgebiede (onder andere): 

letters; nommers; vorms; kleure; knip; inkleur; skryf van letters en nommers; sorter werk; teken; gom en  plak; deel; samewerking; beurte maak; oorgang van een aktiwiteit na n ander; kalender(seisoene; maande van die jaar ens.); fisiese ontwikkeling

Die akademiese werk is vooruit vir ‘n jaar volledig uitgewerk vir ons klasse. Elke les, apparaat en hulpmiddels is beplan, dus sal u kind nooit net rondsit en gefrustreerd wees nie. Daar word natuurlik deeglik beplan vir genoeg vryspeltyd tussen aktiwiteite.

Elke week het ‘n tema  en daarvolgens word ons Bybelstories, gediggies, handwerk, kuns, verf, musiek, konstruksiebou, speletjies en selfs ons bewegingspele beplan.

Ons nooi ook elke kwartaal interessante besoekers na ons skool.  Besoekers is bv. die honde eenheid van die polisie, ‘n verpleegster wat oor gesonde gewoontes vir kinders praat, ‘n brandweerman in uniform wat kom vertel oor sy werk, die verkeersdepartement, of die tannie van die hondesallon wat ‘n hond kom bad en skeer en gesels oor troeteldiere

U ontvang ‘n akademiese kalender vir die jaar met al die temas, uitstappies, besoekers en bak-en-brou datums daarop aangebring.  

‘n Algemene Vorderings verslag word aan die einde van elke kwartaal aan u gestuur.

gesonde benadering

Dit word middae vanaf 2nm tot 3.30nm by ons skool aangebied deur geakrediteerde instrukteurs.

Monkeynastix:

Prettige fisiese ontwikkelings program

Beaux Art:

Heerlike pottebakkers klasse.

Dance Kids & Rugga Kids

Klassieke balletklasse & rugby bekendstellings afrigting.

Nemo Swimming Academy:

Persoonlike afrigting in verhitte swembad.
moet weet

Belangrike Inligting

Ons versoek dat u GEEN grondboontjies of produkte daarvan skool toe sal stuur nie, aangesien sommige kinders hiper allergies is daarvoor. Kinders eet soms mekaar se eetgoed. Dit mag noodlottige gevolge hê.

Voorsien asb ‘n groot genoeg skoolsak om ‘n kosblik, skoene en trui te kan inpak.

Pak ‘n kosblik met toebroodjies en koeldrank vir 10vm, en ook vir 3nm.

Sit asb ‘n ekstra stel klere in vir glipsies. Oor die algemeen verkies ons dat u kind ouer klere dra want ons werk met verf!

Kyk ook elke middag in die tas of u kind nie verkeerde goed ingepak het nie.

Merk alle besittings duidelik, selfs skoene en sokkies.

Ons maak ‘n groot ophef van ons verjaarsdag maatjies want dis ‘n belangrike dag.

Ons vra dat alle ouers sal hou by die reëling om net ‘n vierkantige verjaarsdag koek te stuur. Indien u baie eetgoed stuur, word dit dikwels vermors.

Die verjaarsdag-koning blaas dan kersies uit, kry ‘n kroon, en geniet baie spesiale voorregte die dag.

Juffrou en die verjaarsdag-koning sny die koek in verskillende grootte blokkies, want van ons kleiner maatjies eet nie almal groter stukke nie.

U kind deel die koek aan sy maats uit en voel baie spesiaal. Hy staan op juffrou se tafel en almal sing vir hom… groot pret!

 

Ouers word gevra om nie in klastyd u kind te kom besoek nie.

Dit mag u kind onstel as u weer vertrek, en kan die personeel steur in die uitvoer van hul klasonderrig.

U is welkom om te skakel as u bekommerd is oor u kind, of as u wil reël om u klasonderwyseres of die hoof privaat te spreek. Moet asb nie skakel in die kinders se rustyd vanaf 12 tot 2nm nie.

Kinders met koors, kwaai verkoues, diaree, griep of ander aansteeklike siektes moet asb tuis versorg word.

Kinders se medisyne moet by die klasonderwyseres ingehandig word en in die medisyne dagboek aangeteken word.

Moet asb nooit medisyne in u kind se tas pak nie.

Die skool is met veilige mure omring.

Ons het gewapende sekuriteit op roep vir betreding op ons perseel, asook vir mediese of brand noodgevalle.

Die toegangshek na ons skool word deur ‘n afstandbeheer deur een van ons onderwyseresse beheer.

Geen kontant-geld word op ons perseel toegelaat nie, dit word ook op borde op ons grensmure gemeld.

Toegang vir besoekers word net met vooraf afsprake toegestaan.

Ons hele personeel het noodhulp- en CPR opleiding ontvang, (met gereelde opknappings kursusse) met spesefieke opleiding om kinders in nood by te staan.

Ons is 1 kilometer van MediCross vir ernstige mediese noodgevalle.

Daar is CCTV-kameras op die perseel.

Ons het twee groot klaskamers en drie groot onderdak stoep areas waar verskillende onderrig en speel-sessies plaasvind.

Daar is ‘n groot sandput agter die skool (8 ton seesand!)

Daar is ook ‘n groot klimraamstelsel met afdakke bo oor en swaaie.

Voor die klasse is ‘n geplaveide area vir speletjies, met groot bome wat skaduwee gee.

Daar is ook afdakkies vir koeltespeletjies, en swaaie vir die heel klein maatjies.

Ontbyt is 7.30vm by die skool beskikbaar

Ons leerprogram is van agtuur soggens tot 12uur.
Ons begin elke dag met ‘n musiek kring. Daarna bespreek ons die week tema, en dan volg ons handwerk en kuns aktiwiteite.

Broodjiestyd is om 9:15 en dan weer 14:45
Sit asb ‘n toebroodjie/vrug en drinkgoed in ‘n kosblik vir u kind. Geen gaskoeldranke word toegelaat nie, en net Vrydae mag u ‘n klein sjokeladetjie of bederfie by die toebroodjie insit vir u kind.

Dan volg die res van ons oggendprogram met opvoedkundige speelgoed, kleispel, konstruksiebou, liggaamlike ontwikkeling, stories en dramatisering.

11:15 is dit middagete tyd.
‘n Gekookte middagete (wat ‘n styselporsie, plant proteine en groente bevat) is by u skoolfooi ingesluit. Verwittig ons asb van voedsel allergieë. Ons moedig ons kinders aan om gesond te eet en om baie water te drink.

Rustyd volg tot 2nm.
U kan daarna u kinders enige tyd kom haal tot 5.30nm.
Boekiestyd daarna gee outjies kans om rustig te wees na hul slapie.
Dan pak ons klas reg en gaan speel buite.

Om 14:45 is toebroodjietyd (u kind eet die res van sy kos wat u ingepak het).
Sandspel, bal speletjies, buitemuurse aktiewiteite en vryspel volg.

Ons ruim 5nm op en sluit om 5.30nm

Skoolvakansies 
‘n Vakansieprogram is beskikbaar. Ons is toe vir herstelwerk aan die skool vanaf 16 Desember tot die tweede week in Januarie, asook op openbare vakansiedae.

KONTAK BESONDERHEDE

Kontak Persoon:
Mignonne van Heerden (Skoolhoof)

041 367 4976

082 656 6543

siembambape@gmail.com