Ons Skool

 

ons Missie

Ons Kinders

Ons skool bestaan sedert 1988 en ons het al vanaf 15 jaar kinders vir kinders van 5 jaar onderrig. Van ons skool het hulle vorder tot graad R na, meestal, die ander primêre skole in ons omgewing, naamlik Lorraine primêre, Sunridge primêre, Charlo primêre en Mount Pleasant primêre. Ons is ‘n dubbele medium skool. Elke kind is opgelei in die taal wat hy in sy graad een klas gaan gebruik. Vanjaar was ongeveer een derde van ons leerlinge Engelssprekend en die res was Afrikaanssprekend, almal het gesellig en met mekaar in gesprek gegaan.

Ons filisofie

karakter en visie van Siembamba

 

Ons skool handhaaf ‘n Christelike onderwys filisofie. Ons voed ons kinders op volgens die beginsel van liefde, kalmte en respek vir mekaar, vir hulle ouers en gemeenskap en vir die natuur. Die personeel hanteer kinders en ons ouers met LIEFDE. Dis ons grondslag vir alle interaksie, leer, dissipline, pret en speel.

Ons doel is om selfrespek, ‘n kalm gemoed en kalm optrede deel van elke kind te maak. Ons doel is ook om elke kind leergierig, nuuskierig en opgewonde oor sy eie vaardighede te maak. Ons wil hom sosiaal laat ontwikkel en help om ‘n vriendekringop te bou en om respek vir mense aan te leer. Ons wil hom hom optimaal  stimuleer en gereed  kry vir grootskool.
Ons doel is ook ons ouers in alles te ondersteun.  U is welkom om enige tyd probleme met ons te bespreek

Wees gerus – ons is u kind se mammas deur die dag – hulle word soveel moontlik liefde, drukkies en ondersteuning gegee. Hulle is klein en het emosionele onderskraging en aanmoediging die nodigste op hierdie stadium.
Daarom is dit ons misie om hulle so gelukkig en vol selfvertroue as moontlik te maak by ons skool.

Kommentaar Van Ouers

Julle is waarlik goed vir ons kinders. Kan nie glo hoe Estee gegroei het in die laaste jaar nie. Dis wonderlik om te sien hoe sy op sosiale en emosionele vlakke groei…Maak my vreeslik trots. Dankie vir al die liefde wat julle gee vir ons kinders.

Collett Fourie

Siembamba, baie dankie vir al die ‘dingetjies’ wat julle doen om dit lekker te maak vir ons kinders by die skool. Baie dankie ook vir al die FB-updates deur die dag, ek voel sommer deel van my kind se dag al kan ek nie self by haar wees nie. Dis lekker om te kan sien waarmee hul besig is. Kan nie wag dat my Zoey oud genoeg is om ook na Siembamba-skooltjie te kan gaan nie. Mia is so gelukkig by julle!!!

Deolette Scheepers-Malan

Siembamba!!! Dankie vir al die blessings (te veel om op te noem!!!!!) waarmee julle ons kindertjies toevou elke dag!!! Ons lief julle en besef julle waarde!! BRAVO aan ‘n SUPERSKOOL!!!!

Karline Botha

KONTAK BESONDERHEDE

Kontak Persoon:
Mignonne van Heerden (Skoolhoof)

041 367 4976

082 656 6543

siembambape@gmail.com