Tuis Ons Skool Aansoek Foto's Kontak Ons
Translate Karakter en Visie van Siembamba
Ons skool handhaaf ‘n Christelike onderwys filisofie. Ons voed ons kinders op volgens die beginsel van liefde, kalmte en respek vir mekaar, vir hulle ouers en gemeenskap en vir die natuur. Die personeel hanteer kinders en ons ouers met LIEFDE. Dis ons grondslag vir alle interaksie, leer, dissipline, pret en speel.

¬
Ons doel is om selfrespek, ‘n kalm gemoed en kalm optrede deel van elke kind te maak.

¬
Ons doel is ook om elke kind leergierig, nuuskierig en opgewonde oor sy eie vaardighede te maak

¬
Ons wil hom sosiaal laat ontwikkel en help om ‘n vriendekringop te bou en om respek vir mense aan te leer.

¬
Ons wil hom hom optimaal  stimuleer en gereed  kry vir grootskool.

¬
Ons doel is ook ons ouers in alles te ondersteun.  U is welkom om enige tyd probleme met ons te bespreek.
Wees gerus - ons is u kind se mammas deur die dag - hulle word soveel moontlik liefde, drukkies en ondersteuning gegee. Hulle is klein en het emosionele onderskraging en aanmoediging die nodigste op hierdie stadium.
Daarom is dit ons misie om hulle so gelukkig en vol selfvertroue as moontlik te maak by ons skool.
Welkom
|  Tuis  |  Ons Skool  |  Foto’s  |  Aansoek Vorm  |  Kontak Ons  |  English  |
© Webwerf ontwerp deur:  WILD AT ART Graphic Studios :  Mobile 082 800 8080